Die Tygerberg Sakekamer
Die Tygerberg Sakekamer
Die Tygerberg Sakekamer is ‘n inklusiewe Afrikaanse sakekamer wat bestaan uit meer as ‘n 40 individuele sakekamers in die Wes-Kaap en wat meer as 1,000 besighede verteenwoordig.
Ons hoofdoel
Ons hoofdoel
Die oogmerk van die Tygerberg Sakekamer is om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede in die groter Tygerberg-area te bevorder.
Ons streef daarna om volhoubare voorspoed vir ons lede, belanghebbendes en gemeenskappe in die area te skep deur die Tygerberg-area te vestig as die "gekose besigheidsbestemming in die noordelike voorstede”.
Dit kan egter slegs gebeur wanneer besighede in ons area binne ‘n vryemarkstelsel floreer en werksgeleenthede deurlopend geskep kan word.