Die Tygerberg Sakekamer
Die Tygerberg Sakekamer
Ons Hoofdoel
Ons Hoofdoel
Die Span Agter Die Skerms
Die Span Agter Die Skerms
Sunel Beeselaar
Voorsitter
Sunel Beeselaar is 'n prokureur en eienaar van SP Beeselaar Prokureurs wat spesialiseer in familiereg, aktes, en alternatiewe geskilbeslegting. Daarbenewens is sy Voorsitter van FAMAC en Onder-Voorsitter van Alta du Toit Nasorg se Beheerraad.
Debbie Taljaard
Tesourier
Elroy Jonkers
Ondervoorsitter
Elroy is ‘n Verkoopsbestuurder by Nedbank wat kyk na Kleinhandel, Kleinsake- en Besigheidsbankdienste in die Noordelike Voorstede. Hy is reeds 16 jaar in die Finansiële Industrie en beskik oor verskillende kwalifikasies in Bankwese.
Letitia Niemand
Gekoöpteerde Lid
Letitia Niemand het ʼn NQF5 kwalifikasie as ook 29 jaar ondervinding in die Eiendomsbedryf, waarvan sy vir 15 jaar haar eie besigheid, Busy Bee Eiendomme gehad het. Sy werk tans vir die Stad Kaapstad as Raadsheer Marian Nieuwoudt se Wyksassistent.
Lelanie Carrick-Olivier
Lelanie Olivier-Carrick het 7 jaar gelede LC Design gestig na haar BA-graad in Visuele Kommunikasie en Ontwerp. LC Design help besighede om te groei deur Grafiese Ontwerp, Fotografie, Sosiale Mediabestuur, en Nuusbriewe. Sy help maatskappye om hul handelsmerke op 'n professionele en unieke manier te bevorder.
Phillip van Zijl
Addisionele Lid
Phillip is die eienaar van Bolt Risk Management in Brackenfell. Hy is ook nou betrokke by die Brackenfell Business Improvement District (BBID) inisiatief.